‘n Seun (10) is Maandag deur sy ma in Ntombe, KwaZulu-Natal, verwerp.
Reaction Unit South Africa sê die seun het in ‘n area wat as Chubbies Garage in Verulam, KZN, bekend is, rondgeloop nadat sy ma geweier het dat hy na hul huis terugkeer.
Inwoners het Reaction Unit South Africa gekontak en hulp vir die minderjarige gevra.
Met aankoms is die kind ondervra. Hy het verduidelik dat hy sy huis ongeveer agt dae vantevore verlaat het om by ‘n familievriend te gaan woon nadat sy ma en vyfjarige broer nie tuis was nie en hy agtergelaat was om na homself om te sien.
Die seun het sy nuutgevonde veilige hawe verlaat nadat sy versorger nie vir hom etes kon voorsien nie.
Hy het die dag doelloos in die area waar hy gevind is rondgeloop toe inwoners ingegryp het.
‘n Persoon wat hom herken het, het ingetree en aangebied om hom na sy blyplek terug te neem. Met aankoms het sy ma gesê dat sy keelvol is en nie meer die kind wil hê nie.
Hy is saam met die weldoener na haar woning waarna Reaction Unit South Africa vir hulp gekontak is.
Die minderjarige is na Verulam Child and Welfare Society geneem waar ‘n maatskaplike werker aangestel is om die voorval te hanteer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.