Akteursvrou maak bekend dat sy biseksueel is, sê sy is ‘bondgenoot’

Deel hierdie storie / Share this story

Die akteur Tim Theron se vrou, Juanli, het “in die lig van die vreeslike hoe-ha oor Woolies en Pride-maand” op sosiale media bekendgemaak dat sy as biseksueel identifiseer.

In die video, wat Juanli “in een skoot” gemaak het voordat sy een van haar twee kinders na ‘n kinderpartytjie moes neem, sê sy dat sy elke Junie wonder of dit hierdie keer haar beurt is.

“Hierdie jaar, vandag, voel dit regtig asof dit op my hart gedruk word om iets te sê.”

Sy gaan voort en noem dat ons almal multidimensionele mense is en dat ons sommige dele van ons lewens op sosiale media deel, maar dat daar sommige dele is waarvan almal nie weet nie.

Sy sê dat sy tot nou toe gevoel het dat ‘n deel van haar seksualiteit privaat is.


“Ek identifiseer as iemand wat beskryf word deur een van die lettertjies in die LGBTQIA+, en dit is die B. Ek is biseksueel.”

Sy sê dat sy dit al lank weet en dat niemand meer verbaas was as sy dat sy op die ou end met ‘n man getrou het nie.

Baie van Juanli se volgelinge ondersteun haar in haar keuse om die video te deel.

Kyk die video hier: