Ouers vas vir ‘verkragting ‘ van tiener – verberging van babaseun se dood bygevoeg

Deel hierdie storie / Share this story

Ouers, die stiefpa (43) en biologiese ma (35) van ‘n tiener , 14/15 jaar oud, is Dinsdag 6 Junie 2023 deur GKS in Pienaar, Mpumalanga in hegtenis geneem en is reeds aangekla vir klagtes van verkragting en die verberging van ‘n dood.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê ‘n baba (1) se oorskot is opgegrawe.

Tydens die ondersoek na die verkragting het dit aan die lig gekom dat die baba in ‘n vlak graf agter die sinkhuis waarin die familie gebly het, begrawe is.

Die gemeenskap het bekommerd geraak nadat hulle die eenjarige vir ‘n geruime tyd nie gesien het nie. Dit het op 7 Junie 2023 tot die opgrawing van die baba se liggaam gelei.

Die saak van verberging van die baba se dood is ook teen die ouers oopgemaak.

Forensiese ondersoek sal die oorsaak van die baba se dood vasstel.

Die polisie kan in hierdie stadium nie die moontlikheid van nog klagtes teen die paar uitsluit nie.

Die ouers is nie SA-burgers nie. Daar word geglo dat hulle oorspronklik van Mosambiek en onwettig in SA is. Die polisie werk saam met die departement van binnelandse sake om hul verblyf-status vas te stel.

Die meisie se “verkragting” is vir jare geheim gehou. Sy het na bewering in ‘n stadium van die huis weggeloop en is vervolgens deur ‘n man ingeneem wat haar ook glo verkrag het.

Die gemeenskap het die polisie van die voorval ingelig, wat tot die ondersoek en inhegtenisnemings gelei het.

Die tienermeisie saam met haar vier sibbe is in ‘n plek van veiligheid geplaas.

Die ouers het op 7 Junie vir die verkragtingsaak in die Kabokweni-landdroshof verskyn waarna die saak uitgestel is na 14 Junie en hulle tot dan in aanhouding sal bly.

Hulle sal vandag in die hof op die klagte van verberging van die dood van die baba verskyn.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het haar teenoor die ouers se gedrag tydens Jeugmaand, uitgespreek.

“Parents are tasked with the responsibility to bring up children in a responsible manner so that these young ones in turn grow up to be responsible future parents. Children should be protected and they must never be abused by anyone, including their own parents,” het genl. Manamela gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.