KYK: Willem Botha deel emosionele video

Deel hierdie storie / Share this story

“As ek moet eerlik wees. Ek deel altyd net die mooi, goeie en lekker deel van die lewe op my social media. Nie om die indruk te skep dat alles perfek is nie, maar meer omdat ek hou daarvan om net op die positief van die lewe te fokus,” so sê Willem Botha, sanger en deesdae grimeerkunstenaar by ‘n onlangse video wat hy op sy Facebook-blad gedeel het.

In die video verras sy ma hom die aand voor een van sy grootste Masterclasses ooit in Pretoria. Willem sê hy was doodmoeg, erg gespanne en sommer net lekker gatvol.

Willem raak emosioneel toe hy sy ma omhels en sê die laaste twee jaar was hard omdat hy homself druk om altyd sy beste te gee.