Pastoor van plaasgemeenskap vas na hy glo twee tienerseuns vir jare seksueel misbruik

Deel hierdie storie / Share this story

’n pastoor (48) van ’n plaasgemeenskap naby Brits, Noordwes, het na bewering twee seuns (14) vir baie jare seksueel aangerand. Hy het die twee seuns na bewering ook gedwing om in kinderpornografie te verskyn. Sy vrou het na bewering sy seksuele aktiwiteite geheim gehou.
.
Die pastoor staan tereg op agt aanklagte, insluitend seksuele aanranding, vervaardiging van kinderpornografie, die gebruik van ‘n kind vir die doel van kinderpornografie, en die invoer van kinderpornografie.

Daar word beweer dat hy tussen Januarie 2014 en Desember 2017 die private dele van die seun wat by hulle woon, betas en die seun gevra het om aan syne te vat. Hy het ook probeer om sy penis in die anus van die seun in te steek en sou ook deur die venster loer terwyl die seun bad en hom verfilm terwyl hy naak was, lui die akte van beskuldiging.

Gedurende dieselfde tydperk het hy na bewering ook kinderpornografie van die seun vervaardig.

Die kind het sy vrou na bewering verskeie kere ingelig oor wat aan die gebeur is.

In Junie 2021 het ‘n tweede seun by die egpaar ingetrek, wat soortgelyke ervarings gehad het.

Die akte van beskuldiging het ook aan die lig gebring dat die pastoor glo tussen Januarie 2018 en Januarie 2022 seksueel misbruikende beelde en video’s van kinders van die internet afgelaai en besit het. Luidens die akte van beskuldiging het die vrou van Januarie 2018 tot Januarie 2022 “opsetlik en wetend” die pleging van ’n seksuele daad met die man en die kinders sonder hul toestemming toegelaat.