Die uitgesproke Christelike skrywer en motiveringspreker Gretha Wiid het in ‘n onlangse video wat sy op haar Facebook-blad geplaas het, gesê dat sy moeg is vir Suid-Afrikaanse kunstenaars se liedjies en video’s “wat net oor drank, meisies en ‘lust’ gaan”, maar dan die Here bedank vir hulle sukses.
Wiid sê hulle bedank die Here vir hulle inkomste vir liedjies wat “duidelik verkeerde goed oordra en gesinne vernietig”.
Hoewel Wiid sê sy verstaan almal sondig, voel sy ook dat Christene ‘n verantwoordelikheid het om op te staan vir wat verkeerd is.



