Gesteelde voertuig teruggevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Voertuig wat by ‘n parkeerterrein by die Verulam Market in KZN gesteel is, is deur beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) teruggevind.

Volgens Rusa het hulle ongeveer 08:55 ‘n oproep van die eienaar ontvang nadat hy van die diefstal bewus geraak het.

Met hulle aankoms op die toneel het beamptes die man ondervra en bevestig dat die motor ‘n opsporingstoestel in het.

Beamptes het die toestel gebruik om die kar verlate opgespoor te kry. Van die motor se panele was reeds verwyder.