Werksgeleentheid: INGENIEUR-TEGNIESE AFDELINGSBESTUURDER

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en
beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.

Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens groot uitbreiding is ons op soek na die volgende senior rolspelers om by ons dinamiese leierspan aan te sluit.

INGENIEUR-TEGNIESE AFDELINGSBESTUURDER:

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die beplanning, optimisering, voorkomende herstel en onderhoud van infrastruktuur en siviele konstruksie,
    besproeiingstelsels, pakhuistoerusting en implemente;
  • Die bestuur van ‘n diverse personeelkorps wat insluit ingenieurs, vakmanne en operateurs;
  • Die nodige bestuurs-leierskap wat gepaardgaan met die senioriteit van die pos;
  • Projekbestuur van nuwe ontwikkelings en uitbreidings;
  • Die bestuur van buite ingenieurs, kontrakteurs en diensverskaffers;
  • Deurlopende stelselontwikkeling en instandhouding.

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • ‘n Toepaslike Ingenieursgraad (Landbou, Meganies, Siviel) met 10-12 jaar ondervinding en ‘n bewese
    bestuursrekord, in ‘n soortgelyke pos.

Vergoeding:

‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan: e-pos: [email protected]

Navrae: Marius Tolmie – 082 565 5473

Sluitingsdatum: 23 Junie 2023

*Die aangewese kandidaat moet ‘n passie vir landbou hê.

*ADVERTENSIE

Lees ook: Werksgeleentheid: Senior Voorraadbeampte by Wildeklawer