Wildeklawer, gesetel in die distrik Barkly-Wes in die Noord-Kaap, is tans op soek na ‘n senior voorraadbeampte.
Van die suksesvolle applikant sal verwag word:
- Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste.
- Verantwoordelikheid te aanvaar vir die akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. die produksie afdeling.
- Krediteure in soverre die bestellings, ontvangs, uitreiking en die toepaslike faktureringsproses.
- Produksie middele voorraadbestuur.
- Kennis en toepaslike ondervinding van ander finansiële funksies sal voordelig wees.
- Deurlopende verslaggewing aan bestuur.
Vereistes
- Ten minste graad 12, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien (bv. BCom).
- Rekeningkundige agtergrond met ten minste 3 jaar toepaslike ondervinding.
- Vaardigheid in Microsoft Excel asook Navision is ‘n sterk aanbeveling
- Ondervinding in ‘n landbou omgewing en kennis van produksiemiddele in die landboubedryf sal tot voordeel wees.
- ‘n Emosioneel volwasse persoon, wat onder druk goed funksioneer
- Goeie interpersoonlike vaardighede. Moet kan saamwerk in ‘n administratiewe span.
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan:
E-pos: [email protected]
Navrae: Theresa Lategan
Telefoon nommer: 053 531 9725
Sluitingsdatum: 31/5/2023