WERKSGELEENTHEID BY WILDEKLAWER: ONTWERPSINGENIEUR (LANDBOU, MEGANIES OF SIVIEL)

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.

Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens groot uitbreiding is ons op soek na die volgende senior rolspelers om by ons dinamiese leierspan aan te sluit.

ONTWERPSINGENIEUR (LANDBOU, MEGANIES OF SIVIEL):

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die ontwerp, optimalisering van nuwe en bestaande landbou implimente, oes masjinerie, toerusting en
    gereedskap;
  • Die deurlopende toepas van tegniese vaardighede, bystand en kennis op die onderhoud, herstel en
    optimalisering van pakhuis produk verwerkings masjinerie en verwante pakhuis toerusting;
  • Die navorsing, ontwikkeling en toepassing van tegnologies gevorderde meganiserings metodes en
    tegnieke;
  • Integrasie van alle hulpbronne wat ten doel het om wêreldklas produksie middele daar te
    stel.

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • ‘n Toepaslike Ingenieursgraad/diploma met 6-8 jaar ondervinding in landbou, meganiese of siviele
    ingenieurswese.

Vergoeding:

‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan: e-pos: [email protected]

Navrae: Marius Tolmie – 082 565 5473

Sluitingsdatum: 23 Junie 2023

* Die aangewese kandidaat moet ‘n passie vir landbou hê.

*ADVERTENSIE

Lees ook: WERKSGELEENTHEID BY WILDEKLAWER VIR INGENIEUR: TEGNIESE AFDELINGSBESTUURDER