Pippie Kruger is 14 jaar oud en mamma ontvang Ystervrou-toekenning

Deel hierdie storie / Share this story

Pippie Kruger is vandag 14 jaar oud.

Mamma Anicé Kruger het hierdie moedige en geliefde dogter op haar Facebook-blad met haar verjaarsdag geluk gewens.

Pippie het ‘n lang pad gestap en het reeds meer as 60 operasies in haar jong lewe ondergaan.

In 2011 het Pippie, toe 2 jaar oud, met vuuraansteekjel wat ontplof het, gebrand.

Oral waar berigte of plasings van Pippie en haar mamma êrens verskyn, is daar altyd ‘n glimlag en vreugde betrokke.

Mamma Anicé maak gereeld plasings op sosiale media oor hoe dit met Pippie gaan, waarin gesien kan word hoe spesiaal die band tussen ma en dogter is.

Hier is Anicé se verjaardagplasing:

Vandag verjaar jy! Vandag is jy 14 en ek is helemal speechless oor jou! Jy is die gelukkigste dogtertje in die hele wêreld. Jy lag net en maak alles beter. Jy is nou ‘n regte tiener en het als wat gepaard gaan daarmee en jy is beeldskoon pragtig perfek. Liewe Jesus het my so bederf met jou as my meisiekind en ek kan net elke dag dankie sê dat jy nog ons s’n is. Ons is so diep diep lief vir jou. En ek moes die foto gebruik want dit som hoe gelukkig Pips is die heel beste op…..jy is special my prinses Pippie xx baie geluk met jou verjaarsdag en kan nie wag vir nog baie saam met jou nie.

FiND iT wil vir Pippie ‘n baie gelukkige verjaarsdag toewens.

Helpende Hand van Solidariteit is deel van Pippie se verjaarsdagvieringe en mamma Anicé ontvang die #Frouevonds se eerste Ystervrou-toekenning.

(Volgens Helpende Hand word “Frouevonds” opsetlik verkeerd gespel, ter simbolisering van vrouens se lewens – alles verloop nie altyd “reg” in ‘n vrou se lewe nie.)

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.