Twee voertuie ry in onklaar vragmotor vas

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vragmotor het gisteraand op die N3 naby Chatterton, KwaZulu-Natal onklaar geraak waarna twee voertuie daarin vasgery het.

Chantelle Botha, woordvoerder vir KwaZulu Private Ambulance Services, sê die vragmotor het in die middelste baan gebreek.

Met aankoms van nooddienste is gevind een persoon is ernstig en twee persone gering beseer. Die beseerdes is op die toneel behandel, waarna hulle vir verdere mediese hulp met ‘n ambulans na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.