EFF dreig om self borde oor Poetin te verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF sê hulle sal self die advertensieborde wat in die stad vertoon word wat vra dat die Russiese president Wladimir Poetin in hegtenis geneem word, verwyder.

Die advertensies is deur ‘n Amerikaanse organisasie sonder winsbejag, genaamd Avaaz, geplaas.

Die borde is op die N1 en R21-hoofweg in die suide van Pretoria opgerig.

Die EFF sê die borde voldoen nie aan die metro se verordenings oor buitemuurse advertensies nie, en verteenwoordig nie die meerderheid inwoners se gevoel teenoor Poetin nie. Die voorsitter van die EFF in die Tshwane-metro, Obakeng Ramabodu, sê swart Suid-Afrikaners het nie vergeet watter belangrike rol Rusland gespeel het in “swart mense se stryd teen apartheid nie.”

Die party het gedreig om die borde self te verwyder.