Jacques de Villiers van Chbl K9 Fitness Training in Parktown, Wonderboompoort-polisiëringsarea, het Maandag 5 Junie 2023 gehelp om ‘n vermeende verdagte vas te trek.
“Ons stappers stap nie net met honde nie, maar help ook in die gemeenskap,” sê Melissa du Toit, die HUB van Chbl K9 Fitness Training. Hulle is ‘n eenstopdiens wat met honde stap, hulle oppas, bad en boonop oplei.
Maandag het De Villiers gesien toe Proshield-sekuriteitsmaatskappy ‘n verdagte jaag.
“Hy het sonder om te huiwer op sy scooter gespring en agterna gejaag.”
De Villiers het gesien hoe die verdagte in Kreefsingel in Magalieskruin afhardloop en het toe strategies besluit om met sy scooter by die ander ingang af te beweeg.
“Hy het die verdagte op ‘n draai vasgetrek en met sy hondeketting aangehou.”
Die dapper hondestapper het die verdagte aangehou totdat die sekuriteitsmaatskappy by hulle kon uitkom en oorneem.
Melissa du Toit het De Villiers gelukgewens met die dapperheid en goeie werk.
Hierdie klein maatskappy het ‘n verskil deur oplettendheid gemaak, terwyl hulle met honde in die straat gestap het. Al hoe meer mense wat nie met hul honde kan stap nie, kontak hulle en wanneer hulle met die honde in strate beweeg, stel dit hulle in staat om die oë en ore vir die gemeenskap te wees.
Proshield het die volgende plasing op hul Facebook-blad gemaak waarin melding van De Villiers se hulp gemaak is:
*Success Report*
*Date*:2023/06/05
*Time*: 14:40
*Location*: Montana
*Units involved*:
Proshield :RO3 and B1 Rapid Response
Community
*Details*
Info was received from Councillor Mark Surgeon regarding a whiskey male that scam residents and especially the elderly out of money by means of misrepresentation in the general Montana and Magalieskruin area.
Councillor Mark Surgeon received an update regarding the whereabouts of the suspect in a complex from a community member.
Our units responded immediately and on arrival observed 2 whiskey males in a Nissan Micra. Ons suspect attempted escape on foot and the second drove off in the vehicle.
R3 pursued the vehicle and Councillor Surgeon with the assistance of a community member pursued on foot and both managed to apprehend the suspects.
Sinoville SAPS arrived on scene and took both suspects into custody.
We can and will not tolerate those who swindle people out of their hard earned money, especially the elderly.
Well done to all involved
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



