Speurder AO Neels du Rand, die speurtakbevelvoerder van Villiers in die Vrystaat wat 29 jaar in die polisie gedien het, is in die vroeë oggendure doodgeskiet gevind.
Boodskappe van medelye stroom op sosialemediagroepe van polisielede in.
Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê daar word hulp van die gemeenskap versoek om die verdagtes op te spoor.
Na bewering het die bevelvoerder rugsteun van die polisiestasie aangevra toe hy ‘n gekaapte vragmotor op die grondpad tussen Villiers en Standerton gevolg het.
Lede het spoedig reageer en terwyl hulle na hom op soek was, het hulle gemerk ‘n gedeelte van ‘n draadomheiding van ‘n plaas is beskadig.
Rani sê die lede is die gronde in om ondersoek in te stel, toe hulle die adjudant se Isuzu-bakkie met hom bewegingloos daarin, gevind het. Hulle moes die ruit breek om toegang tot die binnekant van die bakkie te verkry.
Du Rand het vier skietwonde in sy rug gehad en is op die toneel deur nooddienste dood verklaar.
Niks was van hom of sy bakkie vermis nie.
Die gekaapte vragmotor is verlate ongeveer 8 km na Standerton in Mpumalanga-provinsie gevind.
Voorlopige ondersoek dui aan dat die gekaapte vragmotor deur ‘n wit BMW-sedan met vals nommerplate begelei was.
Maj.genl. Len Singh, die waarnemende provinsiale kommissaris in die Vrystaat, het sy hartseer oor die verlies van ‘n polisielid met soveel ondervinding uitgespreek
“We woke up to the sad news of the incident. My heart goes out to the family, friends and colleagues of Warrant Officer Neels du Rand. He had 29 years of loyal service and he will be deeply missed,” sê general Singh.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



