Lees ook: Mannejag deur polisie ná taxibase in Mthatha geskiet is
Die polisie in Maokeng vra vir hulp van die gemeenskap om Nhlalo Sibanda op te spoor wat hulle glo kan hulle met ’n moordondersoek help.
Nhlalo Sibanda (27) en sy meisie, Materonko Koloko (23), is Sondag 9 April na ‘n vriend se partytjie, maar hy het na bewering alleen teruggekeer. Koloko is as vermis aangemeld. Haar liggaam is op 11 April in ‘n veld naby haar huis gekry.
Sibanda was die laaste persoon wat saam met haar gesien is. Die polisie is na hom op soek.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om sers. Materonko Koloko te kontak by 073 900 4892 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS
Lees ook: Mannejag deur polisie ná taxibase in Mthatha geskiet is



