Lees ook: Verdagte skuldig bevind aan identiteitsbedrog
Lucky Eric Thulani Sipho Khumalo (29), ‘n vals “profeet” en tradisionele geneser, is op 31 Mei twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir die verkragting van twee meisies.
Khumalo het op 11 November 2017 twee meisies, 15 en 16, na sy huis gelok na hy gesê het iemand is besig om hulle te “toor”. Hy het een van hulle ‘n konkoksie gegee om te drink terwyl sy assistent die ander meisie na die rivier geneem het om haar te “reinig”. Die “profeet” het agtergebly en die een meisie verkrag. Die ander meisie het saam met die assistent teruggekom, waarop die meisie wat hy verkrag het, gestuur is om “gereinig” te word. Hy het toe die ander meisie ook verkrag.
Khumalo het na Gauteng gevlug en later na Kwakhiliva, waar hy in hegtenis geneem is.
Bronne: SAPS



