Lees ook: Man skiet glo homself buite nagklub na argument met meisie
Alfred Ndlovu (50) is Maandag tot vyf jaar tronkstraf in die Kuruman-streekshof vir identiteitsbedrog gevonnis.
Ndlovu is in 2016 in Kimberley in hegtenis geneem vir bedrog en die oortreding van die geboorte-en dood-registrasiewet 51 van 1992.
Ndlovu het e-poskommunikasie tussen die Ga-Segoyana-munisipaliteit en een van die diensverskaffers onderskep en die bankbesonderhede verander om aan hom uit te betaal. Hy is in hegtenis geneem na hy met die gebruik van ’n OTM-opname identifiseer is terwyl hy ’n vals bankkaart gebruik het om die geld te trek. Hy het ten tyde van sy inhegtenisneming ’n vals identiteitsdokument en paspoort in sy besit gehad.
Bronne: SAPS
Lees ook: Man skiet glo homself buite nagklub na argument met meisie



