Ver mense is Maandagaand omstreeks 18:50 in ‘n tromp-op botsing op die N17 dood.
Volgens die Ekurhuleni-metropolisie het ‘n VW Polo, waarin drie vroulike insittendes was, met ‘n BMW sedan gebots. Daar was ‘n manlike bestuurder in die BMW.
Lewenskake is gebruik om die persone uit die wrakke te haal. Hulle is al vier op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die saak.



