Vier persone het Maandag 5 Junie 2023 om ongeveer 18:50 hul lewens in ‘n ongeluk op die N17 Hoofweg-Oos by die Tonk Metre-afrit, aan die Oos-Rand, verloor.
Die Ekurhuleni Metro-polisiedepartement was op die toneel waar twee voertuie reg van voor gebots het.
Na bewering het ‘n VW Polo met drie vroulike insittendes met ‘n BMW, waarvan die bestuurder onbekend is, gebots.
Hidroliese toerusting moes gebruik word om die insittendes wat in die wrakke vasgesit het, te bevry.
Al die insittendes, wat die bestuurders van beide voertuie insluit, is op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



