Elizma Theron vier 40ste verjaardag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse sangeres Elizma Theron vier vandag haar 40ste verjaardag.

Sy skryf op sosiale media:

Wat voel soos net ‘n paar jaar terug, het ek op my 18de verjaarsdag wakker geword met baie drome in my oë. My grootste droom en gebed nog altyd was om ‘n goeie man te hê (die een wat HY vir my uitgesoek het) en pragtige kinders. Vanoggend word ek wakker, met daardie einste droom wat my wakker sing en vir my liefde gee. My hart loop oor van dankbaarheid. Die Here het hierdie 40 jaar elke tree saam met my gestap. My op gehelp waar ek geval het en geduldig gewag waar ek gefaal het. Ek weet niemand wil regtig ouer word nie, maar ek verwelkom dit. Dit is ‘n voorreg om ouer te word en ek is so dankbaar dat ek my grootste droom vir nog ‘n jaar kon geniet en sien blom. Dat ek nog ‘n jaar kon leer en groei.

Dankie Here Jesus dat U my nog ‘n jaar gespaar het en dat U nog altyd my drome naby U hart dra.

Nico het vir my 30ste verjaarsdag vir my ‘n Tanzaniet ring gekoop ( Ek is mal oor Tanzaniet)

Hy het my vanoggend, 10 jaar later, verras met nog ‘n Tanzaniet ring 🥹. En die kinders het vir my die mooiste warm baadjie gegee.

Ek is oneindig lief vir julle 3. Dankie dat julle hierdie lewe vir my so mooi inkleur. ❤️❤️❤️

40 HIER KOM ONS!!!