Onwettige sigarette van R200 000 gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag onwettige sigarette ter waarde van ongeveer R200 000 gekonfiskeer.

‘n Bron het glo aan die metropolisie gesê dat ‘n winkel in die area na bewering onwettige sigarette verkoop. Met hulle aankoms op die toneel het metropolisiebeamptes die winkel deursoek en glo op 20 bokse sigarette afgekom.

Drie verdagtes van tussen 23 en 33 jaar oud is in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.