Lees ook: Bababobbejaan in oog geskiet met verfbal
‘n Man het homself glo Sondagaand buite ‘n nagklub in Kaapstad geskiet na ‘n argument met sy meisie.
‘n Werknemer by die nagklub het aan IOL vertel die man het sy wapen vir die werknemers by die nagklub gegee toe hy ingaan, maar na ‘n argument met sy meisie het hy daarvoor gevra.
Die werknemer het gesê die eienaar het vir die man sy wapen teruggegee en die man was buite saam met sy meisie en die uitsmyter (bouncer) toe hy glo homself glo geskiet het.
Die polisie het bevestig daar was ‘n skietery buite ‘n nagklub in Kaapstad en dat die slagoffer (24) met ‘n skietwond aan die kop gevind is. Die slagoffer is later in die hospitaal oorlede. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.
Bronne: IOL, Cape Town ETC, VN Explorer, Head Topics
Lees ook: Bababobbejaan in oog geskiet met verfbal



