Lees ook: Bobbejaan uitgesit na peperkoeël in die gesig hom verblind
Die welsynsorganisasie Baboon Matters het vertel ‘n 5 maande oue bobbejaan genaamd Themba is met ‘n besering aan haar oog gekry, wat moontlik veroorsaak is deur ‘n skoot met ‘n verfbal (paintball).
Die Baboon Matters-woordvoerder Jenni Trethowan het gesê Themba is besig om gesond te word, maar hulle is nie seker of sy gedeeltelik blind gaan wees of heeltemal blind nie.
Trethowan het gesê Themba se beserings is nie iets wat baie voorkom nie en dit maak hulle bekommerd oor die welsyn van die ander bobbejane in die trop. Die welsyngroep wil graag die trop gevestig in Cecelia en Orange Kloof, Kaapstad, sien.
Bronne: IOL, Get Away, The Africa, Twitter
Lees ook: Bobbejaan uitgesit na peperkoeël in die gesig hom verblind



