Bobbejaan uitgesit na peperkoeël in die gesig hom verblind

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof

Die DBV in Kaapstad moes Maandag ’n bobbejaan van ’n Simonstad-trop uitsit nadat hy met ’n peperkoeël in die gesig geskiet is.

Die bobbejaanmannetjie genaamd Nomahlehle is by die DBV aangebring nadat hy van naby af in die gesig geskiet is met ’n peperkoeël wat hom in albei oë verblind het.

Drie veeartse het hom oor die loop van drie dae probeer help en ’n kenner van Kaapstad is Maandag ingeroep om ’n assessering te doen. Die kenner het bevestig dat Nomahlehle nooit weer uit sy regteroog sal kan sien nie en dat hy ook nie weer veel uit sy linkeroog sal kan sien nie.

Nomahlehle het ook 22 loodkoeëls in sy liggaam gehad van mense wat hom in sy leeftyd geskiet het.

Die DBV het besluit om Nomahlehle uit te sit om te verhoed dat hy verder ly.

Bronne: IOL, SA People, Affluencer

Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof