Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof
Die polisie is besig om die moord op Peter October (55) wat na bewering vermoor is na hy glo druiwe gesteel het, te ondersoek.
October is verlede Woensdag op Robertson as vermis aangemeld. Sy liggaam is Donderdagoggend op ’n plaas naby bosse in ’n vlak graf gevind.
October se ma het vertel dat sy lewensmaat hulle laat weet het toe October nie terugkeer nadat hy met sy sak geloop het en gesê het hy gaan plaas toe nie. Sy ma sê hulle glo hy is gevang terwyl hy druiwe gesteel het en is toe doodgeslaan.
Nog niemand is in hegtenis geneem vir die beweerde moord nie.
Bronne: IOL, VN Explorer
Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof



