Minister wat adjunk-direkteur-generaal afdank moet haar weer aanstel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Onthou die petrolprys daal Woensdag

Die minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi, wat so ontsteld was na sy vir ‘n uur in ‘n stukkende hysbak vasgesit het dat sy haar adjunk-direkteur-generaal afgedank het, is beveel om haar weer aan te stel.

Die minister het in Maart in ‘n hysbak vasgesit en vir Nelly Letsholonyane (61) gebel om haar te help. Letsholonyane het die sekuriteitspersoneel en die maatskappy wat die hysbak moet onderhou, vir hulp gekontak.

Sy is die volgende dag deur Kuyabi ingeroep en ingelig dat sy afgedank gaan word vir “nalatigheid wat die lewe van werknemers bedreig het” oor die feit dat sy nie verseker het die hysbakke is onderhou nie. Die minister het verder gesê Letsholonyane het nie vinnig genoeg vir hulp gebel nie. Sy het tot die einde van die dag gehad om te verduidelik hoekom sy nie afgedank moet word nie.

Letsholonyane het haar brief ingedien en is drie opsies gegee: om afgedank te word, disiplinêr verhoor te word, met skorsing, of vroeë aftrede.

Sy het die aftree-opsie onder protes gekies, maar is later gebel om te sê sy is afgedank, waarna sy haar na die arbeidshof gewend het.

Die Johannesburgse arbeidshof het bevind die minister was onregmatig omdat sy nie die behoorlike prosedure gevolg het om Letsholonyane af te dank nie. Sy is beveel om Letsholonyane se regskostes te betaal en haar onmiddellik weer aan te stel.

Bronne: IOL, News365, SowetanLIVE, The Citizen

Lees ook: Onthou die petrolprys daal Woensdag