Lees ook: Woolworths verdedig ‘Pride month’- veldtog
Die petrolprys daal Woensdag met 71 sent per liter. Die dieselprys sal met tussen 80 sent en 84 sent per liter daal.
Die prys van paraffien sal ook met tussen 58 sent en 43 sent per liter daal.
Die woordvoerder vir die departement van minerale hulpbronne en energie het gesê: “Dit is hoofsaaklik as gevolg van die laer pryse van alle petroleumprodukte wat in lyn was met die laer oliepryse gedurende die oorsigtydperk. Die swakker rand het egter meer as 50c weggeneem van al die brandstofprysverlagings.”
Bronne: EWN, Briefly, TimesLIVE



