Polisie vra hulp om man wat moontlik met moordondersoek kan help, te vind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (35) se liggaam is op 15 Mei 2023 in Protea South, Protea Glen, Gauteng, gevind.

Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Protea Glen-polisie het haar liggaam ontdek toe hulle ‘n moordklagte ondersoek het.

Masondo sê die polisie sal geen steen onaangeraak laat nie en volg alle leidrade op om die verdagte op te spoor.

Die persoon op die foto kan moontlik help om die polisie met hul ondersoek by te staan.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan met die volgende nommers in verbinding getree word:

Protea Glen-polisiestasie – 011 986 9272

Kapt. Shilowa – 071 675 6597

AO Mkhize – 079 032 6291

Alternatiewelik kan daar van Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Wenke kan anoniem gegee word.

“Addressing crimes against women, children and vulnerable persons remains a top priority for the South African Police Service (SAPS) in Gauteng,” sê Masondo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.