Minstens 80 skoolmeisies in Afghanistan vergiftig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Honderde meisies in Iran vergiftig

Minstens 80 meisies is volgens ‘n onderwysbeampte vergiftig in twee aparte voorvalle by hulle skole in Afghanistan.

‘n Onderwysbeampte het gesê die persoon wat die vergiftigings gereël het, het ‘n persoonlike grief gehad en het ‘n derde party betaal om die meisies te vergiftig maar geen verdere inligting is gegee nie.

Altesaam 60 leerlinge is by die Naswan-e Kabod Aab-skool en 17 is by die Naswan-e Faizabad-skool vergiftig. Die kinders is aan die begin van die klasse vergiftig en het naar geword, asma gekry, aan vertigo begin ly en hoofpyn gehad. Die kinders, almal in grade 1 tot 6, is in ‘n hospitaal opgeneem.

Dit is onbekend hoe die kinders vergiftig is.

Bronne: Euronews, Fox News, The Guardian, Mail Online

Lees ook: Honderde meisies in Iran vergiftig