Lees ook: Iranse man wat 17-jarige vrou onthoof kry 8 jaar tronkstraf
Meer as 100 Iranse skoolmeisies is Woensdag vergiftig in wat sommige glo ’n poging is om alle skole “veral meisieskole” te sluit.
In die noordelike stad Ardabil is leerlinge van sewe meisieskole aan gas blootgestel wat 108 mense in die hospitaal beland het. Volgens plaaslike media is soortgelyke voorvalle in minstens drie skole in Tehran rapporteer.
Die voorvalle op Woensdag is soortgelyk aan voorvalle in verskillende Iranse skole wat al in November begin het. Minstens 800 studente is vanaf November deur die vergiftiging geaffekteer.
Van November af was dit net meisieskole wat geteiken is, wat gerugte dat dit doelbewuste aanvalle is, ondersteun het. Minstens een seunskool is ook nou geteiken.
Die minister van gesondheid het Sondag gesê hulle glo “sekere individue” probeer deur hierdie vergiftiging “alle skole, veral meisieskole sluit”.
Die vergiftiging is te midde van onrus in die land ná die dood van Mahsa Amini in polisieaanhouding verlede jaar. Volgens menseregtegroepe is al minstens 530 mense doodgemaak in die onruste, met vele meer wat in hegtenis geneem is.
Bronne: Euronews, SBS, Sky News
Lees ook: Iranse man wat 17-jarige vrou onthoof kry 8 jaar tronkstraf



