’n Man wat sy 17-jarige vrou onthoof het en met haar kop in die straat geloop het, is slegs tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Sajjad Heydari het Mona se kop in die straat af gedra na die sogenaamde “eremoord”. Hy is slegs tot agt jaar gevonnis omdat haar ouers hom “vergewe het” selfs al het haar pa nie toestemming vir die moord gegee nie.
Mona is al getroud met Sajjad vandat sy 12 is. Sy het op 14 die lew aan ’n babaseun geskenk. Mona het glo probeer vlug nadat haar man haar herhaaldelik mishandel het, maar moes verlede Februarie terugkeer na Iran toe hy weier om van haar te skei. Haar familie het haar verseker sy sal veilig wees.
Bronne: BBC, The Star, CBS News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



