‘Ons het nie meer plek vir hulle nie’, sê Ezemvelo oor 69 olifante

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ezemvelo KZN-wildlewe se CFO, Siphesihle Mkhize, het gesê Suid-Afrika het nie genoeg plek oor vir olifante nie en dit veroorsaak konflik tussen diere en mense.

Ezemvelo het vertel hoe hulle ’n probleem het met 69 olifante wat van die Pongola-wildreservaat begin loop het tot by die Pongola-natuurreservaat. Die olifante het begin meer raak en het konflik veroorsaak met gemeenskapslede.

Die plan tot dusver is om hulle na die wildreservaat terug te neem of om hulle na beskermde areas in die binneland en buiteland te neem.

Die eerste groep olifante sal waarskynlik teen Maart of April 2023 na ’n beskermde area vervoer word.

Bronne: IOL, VN Explorer, 247 News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Moordenaar sê vir pa sy kind is ‘deur God gevat’