Meisie (15) wat verdwyn, vermoedelik ontvoer, sê oom

Deel hierdie storie / Share this story

Die gemeenskap se samewerking word gevra om te help om die 15-jarige Sandy Lee du Plessis op te spoor.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê Du Plessis se familie het lede Donderdagoggend gekontak om te help om haar op te spoor. Volgens Rusa het Du Plessis Sondag omstreeks 22:10 by haar huis in Purcellstraat in Tulisa Park in die suide van Johannesburg vermis geraak. Du Plessis se oom het glo aan Rusa gesê hy glo sy is ontvoer.

Du Plessis het ‘n pienk langmouhemp, ‘n blou denim, ‘n ligtebruin baadjie en swart tekkies aangehad. Sy is ook as vermis aangemeld.

Enigiemand met inligting kan Rusa by 086 1234 333 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel