Polisie vra hulp om vermiste man op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie vra die gemeenskap se samewerking om die vermiste Moitheri Michael Thebehae (29) op te spoor nadat hy op 1 Maart laas deur sy ma op Ventersburg gesien is.

Hy het ‘n wit T-hemp en donkerblou broek aangehad. Volgens getuies is hy laas in Sasolburg gesien.

Kontak die polisie by 082 466 8152 met enige inligting.