‘n 16-jarige seun is koelbloeding in ‘n skietery in Mitchells Plain doodgeskiet.
Die voorval het in Volvo-straat in Beacon Valley gebeur.
Ashwin Apollis was ‘n gr.11 leerder aan die Hoërskool Beacon en is op die toneel dood verklaar.
Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die voorval Dinsdagaand omstreeks 21:20 plaasgvind.
“Die seun het bebloed voor die motorhuis gelê met ‘n skietwond in sy maag.”
Die moordenaar is steeds op vrye voet en dit is nie bekend wat tot die skietery aanleiding gegee het nie.



