‘n Amerikaanse liggaamsbouer het glo net oor die R2 m. betaal sodat hy langer kan wees omdat sy bene vir hom liggaam glo buite verhouding met die res van sy liggaam was.
Brian Sánchez (33) van die Amerikaanse deelstaat Georgia was 182,88 cm lank, maar hy was nie gelukkig met sy voorkoms nie.
Brian het in Januarie 2022 selfbewus begin voel. Hy het destyds opgemerk dat sy bene nie in verhouding met sy bolyf was nie. Hy het vir homself soos “‘n groot duim” gelyk.
Die pa van twee het gevolglik beenverlengingsoperasies ondergaan.
“Ek het besluit ek kan met ’n nuwe stokperdjie begin of die probleem oplos,” het Brian verduidelik.
Brian het sy eerste operasie in Desember in Turkye ondergaan. Dit het behels dat die twee bene in die onderbeen gebreek word, ‘n metaalverlengstuk ingeplant word en dan met skroewe vasgemaak word.
In Maart het hy ’n addisionele prosedure ondergegaan om sy femurs te verleng sodat hy op die ou end 6 voet 6 duim (net oor die 198 cm) was.



