‘n Voetganger het gesterf, nog een is beseer en 44 leerlinge tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar oud, is vanoggend beseer in dieselfde ongeluk in Old Inanda-weg in die Buffelsdraai-area, KwaZulu-Natal.
Reaction Unit South Africa sê hulle het verskeie oproepe van verbygaande motorisite ontvang, waarna alle beskikbare reaksiebeamptes na die toneel is.
Met aankoms op die toneel, omstreeks 07:51, het die beamptes ‘n Totyota Hilux-bakkie gevind wat in die rigting van Verulam gery en in die noodbaan gestop het om owerhede te kontak vir ‘n voetganger wat in ‘n tref-en-trap-ongeluk oorlede is.
‘n Wit Jinbei-minibustaxi wat 44 skoolleerlinge van Primêre Skool Acacia in Trenance Park vervoer het, het van agter in die stilstaande bakkie vasgery.
Die oorlaaide minibustaxi is in die aankomende baan ingeslinger en het ‘n voetganger gestamp voordat dit tot stilstand gekom het.
‘n Sewejarige meisie is kritiek beseer en is na ‘n mediese fasiliteit vervoer. Die ander kinders en beseerde voetganger is per ambulans na ‘n hospitaal geneem.
Die oorlede voetganger is nog nie geïdentifiseer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



