Sowat 10 000 Zimbabwiërs registreer om terug te gaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader

Omtrent 10 000 Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika bly, het aansoek gedoen vir hulp van hulle regering om terug te gaan voor die Zimbabwiese vrystellingspermit aan die einde van die maand verval.

Die Zimbabwiese ambassadeur in Suid-Afrika het aan Newzroom Afrika gesê 10 000 Zimbabwiërs het geregistreer om met hulp terug te gaan Zimbabwe toe. Hy het gesê die Zimbabwiese regering het gesê dit sal diegene help wat wil teruggaan.

Die Zimbabwiese vrystellingpermit verval op 30 Junie 2023, wat kan veroorsaak dat sowat 200 000 Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, deporteer kan word.

‘n Hofaansoek is by die Gautengse hooggeregshof gedoen om die besluit om te keer sodat hulle kan bly, maar nog niks het daarvan gekom nie en as die hof in die regering se guns beslis, sal die Zimbabwiërs deporteer word.

Bronne: DFA, IOL

Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader