Sterwende ‘dief’ geïgnoreer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n “Sterwende dief” in sy 30’s is Woensdag 7 Junie 2023 in Toddstraat, Verulam, KwaZulu-Natal, deur voetgangers geïgnoreer. Hy is later dood.

Reaction Unit South Africa sê hulle het berig van ‘n man wat leweloos op ‘n sypaadjie lê, ontvang. Met aankoms op die toneel omstreeks 06:45 het paramedici die man dood verklaar.

Volgens voetgangers is die man die vorige middag op dieselfde plek opgemerk. Hy het glo van “swakheid in sy liggaam” gekla.

Omdat hy glo as ‘n “dwelmhandelaar en dief” geken is, is hulp aan hom geweier. Die oorledene is vermoedelik weens natuurlike oorsake dood, maar dit moet nog bevestig word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.