Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: 100 000 Zimbabwiërs gaan gedeporteer word

Baie van die Zimbabwiërs wat nie in besit is van vrystellingspermitte nie, het gesê hulle het nie ‘n plan na 30 Junie nie.

Die 178 000 Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, het tot die einde van die maand om ‘n ander permit te kry of hulle sal deporteer word.

Hulle wag op ‘n hofbesluit om te hoor of hulle in die land mag bly of moet terugkeer na Zimbabwië. Baie van die Zimbabwiërs het gesê hulle wil nie teruggaan na hul land en oor begin nie.

Die voorsitter van die Zimbabwe Community-organisasie in Suid-Afrika het gesê sommige banke is van voorneme om Zimbabwiese bankrekeninge te vries as die rekeninghouers nie permitte het om te bly nie.

Bronne: SABC, iAfrica, News365, Press Portal, The Zimbabwe Mail

Lees ook: 100 000 Zimbabwiërs gaan gedeporteer word