100 000 Zimbabwiërs gaan gedeporteer word

Deel hierdie storie / Share this story

Binnelandse sake het die week aangekondig hulle gaan voort met hulle plan om die vrystellingspermit vir Zimbabwiërs te beëndig.

Die vrystellingspermitte is aan Zimbabwiërs wat voor 2009 na Suid-Afrika getrek het, uitgereik. Dit was ‘n tydelike oplossing om hulle te reguleer in die land en toegang tot banke te gee.

In hofdokumente wat binnelandse sake by die Gauteng-hooggeregshof ingedien het, blyk dit slegs 6 000 van 178 000 permithouers het gereageer toe die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, verlede jaar gevra het Zimbabwiërs moet hulle saak stel voordat die vrystellingspermit verval.

Daar is gesê dat enige permithouer wat voldoen aan die vereistes van Artikel 26 van die Immigrasiewet aansoek vir permanente verblyf in Suid-Afrika mag doen.

Bronne: Briefly, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Ma red 3-jarige van verdrinking