Luiperd val werker aan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Werknemer van Sabi Sand-natuurreservaat is ernstig deur ‘n luiperd beseer. Volgens ‘n mediaverklaring deur die natuurreservaat was die werknemer op haar stoep toe die voorval plaasgevind het.

Die werknemer is ernstig beseer en per helikopter na ‘n hospitaal geneem.

“Hierdie is ongewone gedrag vir ‘n luiperd en daar word aangeneem dat sy ouderdom en swak toestand tot die desperate aanval kon lei.”

Die luiperd is intussen van kant gemaak.

“‘n Volledige ondersoek sal na die insident volg,” het ‘n woordvoerder van Sabi-natuurreservaat verseker.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel