Die eThekwini-munisipaliteit het Maandag in ‘n kennisgewing gevra dat inwoners nie die dooie visse in die Umgeni-rivier moet bymekaarmaak of eet nie.
Alle wateraktiwiteite soos swem, branderry, visvang en kanovaart is ook verbied en die strande is gesluit as gevolg van hoë vlakke van E. coli in die water.
Strande wat gesluit is, sluit in: Westbrook, uMhlanga-hoofstrand, uMdloti, Casuarina, eThekwini, Laguna seisonale strand, Ansteys, Brighton, Isipingo, Reunion, Warner, Amanzimtoti-hoofstrand en Pipeline.
Bronne: Times LIVE, IOL, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



