Meer as 20 mense sterf in Somaliese hotel-aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Al-Shabab-militante het ‘n hotel in Somalië bestorm en mense gyselaar gehou, waarvan 106 gered is en 21 mense oorlede is. 117 mense is beseer en 15 is in ‘n kritieke toestand. Dis moontlik dat die dodetal sal styg.

Die militante, glo van die Islamiese groep al-Shabab, het Vrydag die Mogadishu Hayat-hotel binnegedring met die gebruik van twee karbomme. Dit het 30 ure geneem vir die Somaliese sekuriteitsmagte om die hotel te bevry.

Die hotel is grotendeels vernietig na die geveg tussen die militante en sekuriteitsmagte. Die militante het glo mense geskiet in die hotel waar werknemers van die regering gewoonlik ontmoet.

Bronne: BBC, SABC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Ethiopian Airlines skors vlieëniers wat slaap agter stuur