Ethiopian Airlines skors vlieëniers wat slaap agter stuur

Deel hierdie storie / Share this story

Die twee vlieëniers wat aan die slaap geraak het en die aanloopbaan gemis het, is geskors terwyl die saak verder ondersoek word.

Op 15 Augustus was die vliegtuig glo op 11 200 meter toe dit nie ingekom het om te land by die Addis Abeba Bole- internasionale lughawe nie.

Lugverkeerbeheer het die bemanning probeer kontak, maar hulle het nie geantwoord nie. Daar het ‘n alarm afgegaan toe die vliegtuig die aanloopbaan mis en verder gevlieg het. Daarna het die vliegtuig begin daal en veilig geland.

Dit is moontlik dat die vlieëniers aan die slaap geraak het omdat hulle uitgeput is omdat daar minder vlieëniers is en meer passasiers wat wil vlieg.

Bronne: Simply Flying, 9 News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Ethiopian Airlines se vlieëniers raak aan die slaap en mis aanloopbaan