Giel van Deventer, bekende roeier en Bergrivier-kanomarathonlegende, is steeds vermis en het vermoedelik verdrink terwyl hy Saterdag aan ‘n kanovaartkompetisie op die Breederivier, deelgeneem het.
Van Deventer het in ‘n K2-kano (dubbelsitplek) saam met Lodewyk Rabie geroei toe hulle kano as gevolg van ‘n blokkasie deur ‘n boom sowat 6 km vanaf die eindpunt omgeslaan het. Van Deventer het onder die water verdwyn.
Beamptes van die wedren en polisieduikers het vir ure sonder sukses na Van Deventer gesoek. Hulle het Sondag teruggekeer, maar die rivier se watervlakke het oornag gestyg, wat die soektog bemoeilik het.
Daar word vermoed dat Van Deventer verdrink het, maar die soektog duur steeds voort.
Bronne: Times LIVE, SA People, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Bheki Cele noem John Steenhuisen ‘n ‘vrouemishandelaar wat vrou gedruk het om te trou’



