Ethiopian Airlines se vlieëniers raak aan die slaap en mis aanloopbaan

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vlieëniers het 11 000 m in die lug aan die slaap geraak en ‘n lughawe-aanloopbaan gemis voordat hulle wakker geword het en die vliegtuig veilig laat land het.

Lugverkeerbeheerpersoneel het hulle probeer kontak toe hulle die aanloopbaan by die Addis Abeba-lughawe gemis het. Hulle het wakker geword en die vliegtuig met die tweede probeerslag geland gekry.

Die Ethiopian Airlines-bemanning is tydelik op verpligte verlof terwyl die situasie ondersoek word.

Bronne: BBC, NY Post, The Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Japan wil hê jongmense moet meer drink