Gesondheidsminister Joe Phaahla het gesê daar is geen rede vir mense om bekommerd te wees oor aappokke nie, aangesien oordraagbaarheid van die virus laag is.
Vroeër Vrydag het Phaahla bevestig dat die vyfde geval van aappokke in Gauteng voorgekom het in ‘n 28-jarige man wat onlangs na Spanje en Nederland gereis het.
Phaahla het gesê die meeste aappokke-infeksies word gevind in mense wat gereis het, maar mense kan nog reis, want aappokke kan net oorgedra word as jy in direkte kontak met die geïnfekteerde persoon kom.
Hy het ook gesê dit is nie nodig vir inentings nie, want die situasie is onder beheer.
Bronne: IOL, Polity.org
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vyfde geval van aappokke in SA



