Vyfde geval van aappokke in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Vrydag in ‘n konferensie bevestig dat daar ‘n vyfde geval van aappokke in Suid-Afrika voorgekom het.

Volgens Phaala is die nuwe geval ‘n man in Johannesburg met ‘n geskiedenis van reis na Nederland en Spanje.

Phaahla het gesê die stygende gevalle is rede tot kommer, selfs al is die siekte minder gevaarlik as Covid-19.

Bronne: 702, SA News, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Hond kry aappokke, WHO waarsku